Afrikaans Bible

PSALMS 22

PSALMS

Return to Index

Chapter 23

1

 

  'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. 

 

 


2

 

  Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 

 

 


3

 

  Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 

 

 


4

 

  Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my. 

 

 


5

 

  U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 

 

 


6

 

  Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. 

 

 


PSALMS 24

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: