Afrikaans Bible

PSALMS 38

PSALMS

Return to Index

Chapter 39

1

 

  Vir die musiekleier; vir Jedutun. 'n Psalm van Dawid. 

 

 


2

 

  Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is. 

 

 


3

 

  Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker. 

 

 


4

 

  My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong: 

 

 


5

 

  HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is. 

 

 


6

 

  Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela. 

 

 


7

 

  Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie. 

 

 


8

 

  En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U. 

 

 


9

 

  Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie. 

 

 


10

 

  Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen. 

 

 


11

 

  Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand. 

 

 


12

 

  Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela. 

 

 


13

 

  Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders. [ (Psalms 39:14) Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie. ] 

 

 


PSALMS 40

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: