Afrikaans Bible

PSALMS 73

PSALMS

Return to Index

Chapter 74

1

 

  'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide? 

 

 


2

 

  Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het. 

 

 


3

 

  Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel. 

 

 


4

 

  U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel. 

 

 


5

 

  Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome. 

 

 


6

 

  En nou -- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan. 

 

 


7

 

  Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig. 

 

 


8

 

  Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand. 

 

 


9

 

  Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie. 

 

 


10

 

  Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag? 

 

 


11

 

  Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig! 

 

 


12

 

  Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde. 

 

 


13

 

  U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek. 

 

 


14

 

  U het die koppe van die Levi tan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk -- vir woestyndiere. 

 

 


15

 

  U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog. 

 

 


16

 

  Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel. 

 

 


17

 

  U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer. 

 

 


18

 

  Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag. 

 

 


19

 

  Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie. 

 

 


20

 

  Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld. 

 

 


21

 

  Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys. 

 

 


22

 

  Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas. 

 

 


23

 

  Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie -- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan! 

 

 


PSALMS 75

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: