Afrikaans Bible

APOSTELS 26

DIE HANDELINGE VAN DIE APOSTELS

Return to Index

Chapter 27

1

 

  En toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan 'n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Julius. 

 

 


2

 

  En nadat ons in 'n skip van Adram¡ttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, het ons afgevaar, en Arist rchus van Macedonië, 'n man van Thessalon¡ka, was saam met ons. 

 

 


3

 

  En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Julius het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang. 

 

 


4

 

  En daarvandaan het ons afgevaar en onderkant Ciprus verbygeseil, omdat die winde teen ons was. 

 

 


5

 

  Ons het daarop die see langs Cil¡cië en Pamf¡lië deurgevaar en by Mira in Licië aangekom. 

 

 


6

 

  En daar het die hoofman oor honderd 'n skip van Alexandr¡ë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim. 

 

 


7

 

  En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmone. 

 

 


8

 

  En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by 'n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Las‚a is. 

 

 


9

 

  En omdat 'n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku 

 

 


10

 

  en gesê: Manne, ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe. 

 

 


11

 

  Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip geglo as aan die woorde van Paulus; 

 

 


12

 

  en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, 'n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste. 

 

 


13

 

  En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil. 

 

 


14

 

  Maar nie lank daarna nie het 'n stormwind wat Eurokl¡don genoem word, daarvandaan neergeslaan. 

 

 


15

 

  En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit opgegee en weggedrywe. 

 

 


16

 

  En toe ons onderkant 'n eilandjie kom wat Clauda genoem word, kon ons met moeite die sleepbootjie onder beheer hou. 

 

 


17

 

  En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip onderom te gord; en omdat hulle bang was om op die Sirtis te lande te kom, het hulle die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe. 

 

 


18

 

  En terwyl ons geweldig deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dag van die vrag uitgegooi; 

 

 


19

 

  en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepsgereedskap uitgegooi. 

 

 


20

 

  En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en 'n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem. 

 

 


21

 

  En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. 

 

 


22

 

  Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip. 

 

 


23

 

  Want daar het in hierdie nag by my gestaan 'n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. 

 

 


24

 

  En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar. 

 

 


25

 

  Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is. 

 

 


26

 

  Maar ons moet op 'n sekere eiland strand. 

 

 


27

 

  En toe die veertiende nag kom, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom. 

 

 


28

 

  Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat hulle 'n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam. 

 

 


29

 

  En omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word. 

 

 


30

 

  Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug en die sleepbootjie in die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van die voorskip af wou uitgooi. 

 

 


31

 

  Toe sê Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdie manne nie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie. 

 

 


32

 

  Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval. 

 

 


33

 

  En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik. 

 

 


34

 

  Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal 'n haar van sy hoof val nie. 

 

 


35

 

  Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet. 

 

 


36

 

  En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem. 

 

 


37

 

  En ons was in die skip altesaam twee honderd ses en sewentig siele. 

 

 


38

 

  En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi. 

 

 


39

 

  En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het 'n inham met 'n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon. 

 

 


40

 

  En hulle het die ankers afgekap en in die see laat lê en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die wind opgetrek en op die strand aangestuur. 

 

 


41

 

  En hulle het op 'n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan. 

 

 


42

 

  Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie. 

 

 


43

 

  Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom, 

 

 


44

 

  en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom. 

 

 


APOSTELS 28

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: